Valentynsdag (nie die movie nie)

Theatre • Running Time: 50 mins
Die Ednas | Script: Madelein Joubert & Anja van den Berg | Music: Anja van den Berg | Technical: Jeandre Hammond
Performed in Afrikaans

Daar`s niks so voorstedeliks soos `n Saterdagaand in `n mall by Nu Metro nie. Die popcorn is nie vars nie. Die koeldrank is flat. En Astros het heeltemal te duur geword. Twee single meisies, wagtend op `n fliek wat nie een van hulle rerig wil sien nie, al het Leon van Nierop dit as `n "vars bries" bestempel. Dis boonop Valentynsdag. Om die tyd om te kry word die lewe tot die dood toe bepraat en bepeins en die eksistensiele krissise raak net erger, die wonde net rouer. Dis nie maklik om 25 te wees nie.

"Valentynsdag (nie die movie nie)" is ‘n vars nuwe teks uit die pen van Die Edna’s – ‘n kabaretkollektief.

Hierdie kabaret is ‘n blik op die lewe van twee jong enkellopende dames in hedendaagse Suid-Afrika. Met snydende komedie en skerp satire word die lewe van ‘n jong enkellopende bestudeer en onder die vergrootglas geplaas. Dit raak al hoe moeiliker om liefde te vind – veral op die ouderdom van 25. Met al die dating apps en veranderinge in geslagspolitiek raak dit al moeiliker om die lyn te trek tussen beskikbaar en desperaat en hoe langer die lewe aanhou hoe meer ingewikkeld raak alles en hoe meer sak in as kan mens raak.

Die Edna’s het in 2016 met hul produskie Verplaas debuteer by die US Woordfees. Verplaas was ‘n oorspronklike kabaret wat gehandel het oor die kontroversiele onderwerp van plaasmoorde. Daarna het hulle by vele ander feeste en teaters voor uiteverkoopte gehore opgevoer en in 2018 het hulle teruggekeer na die US Woordfees met hulle produksie "Dis ‘n Land". Valentynsdag(nie die movie nie) is hulle derde professionele produksie.

Die kabaret kyk ook na geslagspolitiek en vooroordeel – soos te siene in die vele interessante karaktersketse en oorspronklike liedere. Die skrywers poog om ‘n spieelbeeld vir die gehoor op die verhoog te sit en die gehoor met hulself te konfronteer deur gebruik te maak van alombekende, alledaagse karakters en situasies wat enige persoon in hul eie lewe ook sal kan raaksien en herken.

Die Edna’s het in 2016 met hul produskie Verplaas debuteer by die US Woordfees. Verplaas was ‘n oorspronklike kabaret wat gehandel het oor die kontroversiele onderwerp van plaasmoorde. Daarna het hulle by vele ander feeste en teaters voor uitverkoopte gehore opgevoer en in 2018 het hulle teruggekeer na die US Woordfees met hulle produksie Dis ‘n Land. Valentynsdag(nie die movie nie) is hulle derde professionele produksie.




Book for Valentynsdag (nie die movie nie) by clicking the button of the date and time you wish to attend:
Other shows...

Don’t forget to like us on facebook if you haven’t already.


Prefer to speak to a human? You can book by telephone on 021.300.1652. We might have to call you back if the bar is very busy.
Under 18s must be accompanied by a parent or guardian, or by an adult with consent from a parent or guardian.
Seating is unreserved. All the seats are good seats but please arrive in good time to make sure you can sit together.
Also we unfortunately don’t have any wheelchair access to our theatre. There is 1 flight of steps.