Daar's 'n vreemdeling in my bed

Dramedy • Running Time: 45 mins
A Frikken Playhouse Production | Regie deur Liese Kuhn | Teks deur Liese Kuhn en Laura-Lee Mostert | Met Laura-Lee Mostert | Sketse deur Laura-Lee Mostert

Op clicks se website se dit meer as 44 miljoen mense wereldwyd ly aan Alzheimers. 44 miljoen wereldwyd en 750 000 in Suid Afrika. Natuurlik is die getal dinamies en groei basies elke 4 sekondes met nog iemand wat vergeet hulle het al geeet en gerook en hulle pille gedrink. Nog iemand wat hulle kinders nie herken nie. Nog iemand wat vergeet om ‘n pantie aan te trek. Nog iemand wat lank nie meer nostalgies oor die verlede kan top nie.

Snaaks hoe ons strewe om “present” te wees. Self help boeke en Oprah en Deepak en meditasie en silent retreats en yoga, alewige yoga, daily diary entries, coconut water, lesings, gesprekke, self refleksie, mantras, naels kou, self care, kaal swem in die see, cocaine, dagga, die “ek gaan facebook vir ‘n maand delete post”, korter familie vakansies, bid.

Ons hardloop weg van ons verlede af wat aanhoudend by ons spook, en dan, dan gebeur Alzheimers. Dementia. Die antwoord op ons vraag. Die grootse voorbeeld van “be careful what you wish for” . En terwyl ons van ons verledes vergeet. Sit en kyk die universe hoe ons brein-appels stadig maar seker verlkeur en vrot en ons verledes verorber.


Daar’s ’n Vreemdeling In My Bed volg Amelia se hartelike reis deur trauma, geluk en die eksentrisiteit van die banale lewe. Haar obsessie met argief en onthou is kragtig in al haar aksies, stories, sketse en menswees.


Press & Reviews




Other shows...

Don’t forget to like us on facebook if you haven’t already.


Prefer to speak to a human? You can book by telephone on 021.300.1652. We might have to call you back if the bar is very busy.
Under 18s must be accompanied by a parent or guardian, or by an adult with consent from a parent or guardian.
Seating is unreserved. All the seats are good seats but please arrive in good time to make sure you can sit together.
Also we unfortunately don’t have any wheelchair access to our theatre. There is 1 flight of steps.