Die Konings

Cabaret • Running Time: 60 mins
Teks deur Louis Roux en geselskap | Regie deur Andrico Goosen | Musiek deur Talita Beyl | Met Elisha Zeeman | Marelize Vijloen en Anoecha Kruger.
Warning: No under 16s

Bo en behalwe die feit dat “Die Konings” die nuutste en hotste ding in die Afrikaanse musiek-industrie is, is hulle boonop besonders talentvol daarby (of so glo hulle).  Met treffers soos “onder by die whiskey bar”, “die Kersfees tossel” en “spuit?” het hulle besluit om die land plat te toer met hulle eerste full blown show “Die Konings”. Bel maar solank vir Ouma en vra of sy die kinders sal babysit, want een ding is seker; liedjies soos “jou lekker tjops maak my honger pops” móét jy eenvoudig live sien.

Op 'n minder ernstige noot: “Die Konings” is 'n werkswinkel kabaret wat trek uit die tradisies van drag kings en improvisasie-komedie. Anoecha Krüger, Marelize Viljoen en Elisha Zeeman gebruik hulle manlike alter-ego’s om 'n skreeusnaakse satire te skep uit seks, geloof, politiek, en alles tussen in. Omdat die gehoor se bydra so belangrik is beloof elke optrede om 'n unieke ervaring te wees.

Louis Roux is 'n Johannesburgse skrywer van toneelstukke, kort fiksie en ironiese sterretekens. Hy hoop om een dag mediese fonds te kan bekostig.

Andrico Goosen is een van die stigterslede van The Loft Puppet Co. en het onlangs klavierlesse opgeneem.

Talíta Beyl werk as ʼn wetenskaplike in Johannesburg, waar sy laat in die middernagtelike ure liedjies komponeer vir kabarette en ander avant-garde eksperimentele teaterstukke.

Elisha Zeeman word beskou as ʼn professionele lesbiër. Haar stokperdjies sluit in: stryk, die Huisgenoot lees en voice notes stuur.

Marelize Viljoen kom van Vredendal (Anna-Mart van der Merwe se geboortedorp).

Anoecha Krüger is die enigste een met 'n legitimate bio.




Other shows...

Don’t forget to like us on facebook if you haven’t already.


Prefer to speak to a human? You can book by telephone on 021.300.1652. We might have to call you back if the bar is very busy.
Under 18s must be accompanied by a parent or guardian, or by an adult with consent from a parent or guardian.
Seating is unreserved. All the seats are good seats but please arrive in good time to make sure you can sit together.
Also we unfortunately don’t have any wheelchair access to our theatre. There is 1 flight of steps.