Psalter

Kabaret/Cabaret • Running Time: 65 mins
Teks en regie deur Wessel Pretorius | Met Len-Barry Simons | Begeleiding op klavier deur Christopher Petrie
Warning: Korstondige rook gedurende toneelstuk

Psalter (die naam vir ‘n boek van Psalms) is versameling grootword-herinneringe van ‘n Gaga-aanbidder, ‘n dissipel van Nina Simone en ‘n gesant van die maan in kitch engelvlerke.  Dis ook ‘n ode aan drie susters - Greta, Joan en Bettie – elk vernoem na ‘n silwerdoekgodin, wat saam ‘n kind deur die veranderende seisoene probeer koester.   Uit die pen van Wessel Pretorius, vertolk deur opwindende opkomende talent Len-Barry Simons, met die meesterlike begeleiding van David Lubbe. 

LEN-BARRY SIMONS gradueer in 2016 by die Universiteit van Stellenbosch met ‘n graad in Drama, waar hy gespesialiseer het in kabaret.  Hy verskyn in 2017 in Wessel Pretorius se komedie Renaissance en in 2018 in ‘n verwerking van Bibi Slippers se bekroonde digbundel Fotostaatmasjien vir die verhoog by Woordfees en KKNK.  Gedurende hierdie jaar speel hy ook in Aida Abridged by o.a. die National Arts Festival in Grahamstad (regie deur Greg Homan) en die musiekblyspel Calling Us Home (regie deur Magdalene Minnaar). Len-Barry woon tans in Kaapstad. 

WESSEL PRETORIUS  is gebore in 1986 en het skool gegaan en groot geword in Nelspruit, Mpumalanga.  Hy het sy B.A. Drama graad ontvang by die Universiteit van Pretoria in 2008 en sy Honneurs in Spel by die Universiteit van Stellenbosch in 2009.  Hy het sy professionele debuut in 2010 gemaak en in 2011 het skryf hy sy solo-stuk Ont- waarvoor o.a. vier Fiësta-toekennings en die Woordtrofee vir Beste Drama produksie ontvang het.  Ont- is later vertaal deur Hennie van Greunen as Undone en het getoer na die Edinburgh Festival Fringe, Afrovibes in Nederland, die Wiener festwochen in Wene en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad waar dit die Standard Bank Ovation Goud gekry het.  In 2014 skryf hy Waterpas (KKNK Kanna vir Beste Komedie), Slaaf en Frats. In 2015 verskyn Sandton City Grootdoop, Al Julle Volke en Die Dag is Bros (vyf Fiësta benoemings en die ATKV-Woordveertjie vir Beste Drama).  In 2016 debuteer hy met sy nuwe solostuk Die Ontelbare 48 en die komedie I Love You Sally Field (and other stories) en in 2017 skryf hy o.a. Klara Maas se Hart is Gebreek, ensomeer: Die vloeistof trilogie en Renaissance. Ander hoogtepunte as akteur sluit in Saartjie Botha se Balbesit (regie deur Jaco Bouwer), Christiaan Olwagen se N is vir Neurose, Edward Albee se Wie’s Bang vir Virginia Woolf? (regie deur Olwagen) en Tom Lanoye se Bloed en Rose (regie deur Marthinus Basson).  Pretorius woon in Kaapstad waar hy streef om ‘n lewe uit teater te maak.

CHRISTOPHER PETRIE completed his schooling at Monument High School in Krugersdorp. He obtained a BMus degree from Stellenbosch University in 2017 specializing in organ performance under the tutelage of Dr Mario Nell. Christopher frequently worked as freelance accompanist during his undergraduate studies. He was the rehearsal pianist and keyboardist for musical productions Hair (2013), Evita (2014), Sarafina (2015) and Fidler on the Roof (2016) in collaboration with Northlink College. In 2017 he was rehearsal pianist for an Honours student production of La serva padrona and assistant to musical director, Erik Dippenaar, for the 2018 Woordfees production of Purcell’s Fairy Queen in collaboration with Cape Town Opera and Stellenbosch University. Christopher is currently a postgraduate Honours student at Stellenbosch University, specializing in organ repertoire studies. In 2018 he was accompanist for the ensemble of the play, NRNNSA (Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid Afrika) which received a Kanna nomination for best upcoming artist at the 2018 Klein Karoo Nationale Kunstefees (KKNK) and was awarded the prize for best Nati-Jongsterre production at the 2018 Suidoosterfees. Christopher is also actively involved at the Stelenbosch University Drama Department as cabaret accompanist.




Book for Psalter by clicking the button of the date and time you wish to attend:
Other shows...

Don’t forget to like us on facebook if you haven’t already.


Prefer to speak to a human? You can book by telephone on 021.300.1652. We might have to call you back if the bar is very busy.
Under 18s must be accompanied by a parent or guardian, or by an adult with consent from a parent or guardian.
Seating is unreserved. All the seats are good seats but please arrive in good time to make sure you can sit together.
Also we unfortunately don’t have any wheelchair access to our theatre. There is 1 flight of steps.